RSS

Wat ‘n verkeersirkel ons kan leer

July 03, 2009 | Emil | Comments 21

Iets wat vir mense wat dit nie lekker verstaan nie ‘n groot irretasie is, leer ons eintlik ‘n waardevol les. In die Nederlandse dorpie Drachten is daar slegs 3 verkeersligte uit ‘n oorspronklike 15  in werking. Die dorp se besigste kruising word deur ‘n eenvoudige verkeersirkel beheer, met geen stoptekens of wit lyne in die pad nie. Dis wat die stadsingenieur Hans Monderman goed verstaan: padtekens en ligte bied aan mense ‘n sielkundige “ontsnappingsroete” van die vermoë om aandag te skenk aan dít wat om hulle aangaan, en daarmee die verantwoordelikheid vir hulle eie aksies. Forseer bestuurders om groter verantwoordelikheid te neem deur self te besluit wie ry voor wie en wanneer, en die hoeveelheid ongelukke verminder drasties. Dit werk goed omdat dit gevaarlik is.

Hierdie soort denke is teenstrydig met ons Westerse sentiment. Om nié ‘n nuwe reël te maak om sekere gelangde gedragspatrone te bevorder nie. Om nié ‘n nuwe eienskap tot ‘n bestaande produk te voeg nie.

Anargie? Nee, net dat sekere reëls oneffektief is. Die samelewing skep vir ons die illusie dat ‘n mens orde en rigtingwysers nodig het.

Peep on Gatorpeeps 

Filed Under: Snippets

Tags: reëls

About the Author: A person, a fallible human, writing about meaningful coincidences of outer and inner events that are not themselves casually connected - events in the material world which seemed to cluster together without any apparent reason or even logical connection.

RSSComments (21)

Leave a Reply | Trackback URL

  1. Rustig says:

    In Ierland is daar geen reëls vir verkeersirkel nie. “Everyman for himself and may the strongest survive!”

    • demoerin says:

      :lol: Ek onthou nog my eerste taxi-ervaring in Londen om daai sirkel daar aan Hyde Park Corner se kant…. Eish, ek kry nou nog koue rillings!

  2. Andrew says:

    Interesante inskrywing. Waar ek bly is die verkeer in die oggend buffer tot buffer soos in meeste plekke, en voertuie wat van sy strate in kom word om die beurt toegelaat om aan te sluit in die hoofpad. Almal kry ‘n beurt en dit werk. Selfs taxis doen dit … so nou en dan.

  3. waaaaaaaaaaa bly jy Andrew, ek gaan by jou intrek.

  4. So van die os op die jas, min mense weet hoe ‘n verkeersirkel werk! Gee toe na regs en nie ‘n 4 rigting stop nie!

  5. nikita says:

    Ek was gister by ‘n groot verkeerssirkel hier naby ons, olie is voor die een uitgang gemors en die padwerke-ouens het “cones” voor die een uitgang geplaas, met die gevolg dat verkeer vreeslik opgehoop het voor en by sirkel en by die sirkel was dit ook “almal vir hulself” en jy’s reg, dis gevaarlik en daarom was jy baie meer ingestel oor wie is in die sirkel, wanneer kan jy gaan – is dit veilig om te gaan? – en ook pad te maak vir ouens wat wil inkom vanuit ‘n ander rigting of van baan wil verander om uit te gaan waar jy ook wil uitgaan. Dit was nogal stressvol en sal nie elke keer dit wil deurmaak nie! :)

  6. sonkind says:

    Emil, probleem is net dat in die Weste, en spesifiek in Somerset-Wes, weet 80% van die bestuurders nie mooi wat om met die tientalle klein sirkeltjies in hulle dorp te doen nie. Dit frustreer die wit waks uit my uit.

    • Andrew says:

      Sonkind jy ry nie vinnig genoeg nie. Die persoon wat ‘n klein sirkel nader met die hoogste spoed kry ryvoorrang. :mrgreen:

      • nikita says:

        Hierdie kant van die “poel” is die reël: jy moet voorkeur gee vir die persoon wat van regs kom. Hier is ook hordes klein sirkeltjies op plekke, maar die verkeer vloei ten minste, bitter min stoppe, ek het nog net 1 stop by ‘n aansluiting gesien in die afgelope 6-7 jaar wat ek die kant op die paaie ry.

  7. sonkind…NIEMAND in die kaap weet hoe om sirkels te gebruik nie. dit maak my gek.

    • demoerin says:

      :lol: Einlik moet dit lees… Niemand in die kaap weet hoe om te bestuur nie…
      Darem nie so erg nie, maar ek ry daagliks deur ‘n hele paar kruisings met die sirkels, en dit is ‘n flippen wonder dat al die karre nie in die middel op ‘n hoop opeindig nie.
      Ek sal erken, dit maak my bietjie versigtiger as ek die kruising nader.

  8. Andrew says:

    Seriously, wat is die reels? Moet ‘n mens wag vir die persoon wat voor jou die toegee lyne (yield lines)oorgesteek het?
    Hoe werk klein sirkels, soos ‘n vier rigting stop?

  9. Emil says:

    Ek dink mens met een na die ander ry. So vloei die verkeer. Maar die mens se eie ego is te sterk en hulle donner die patroon op. Maar uiteindelik is daar steeds minder ongelukke by sulke sirkels as by verkeersligte.

Leave a Reply

If you want a picture to show with your comment, go get a Gravatar.

52