nie alle relatiwiteit is absurd nie
Die absurditeite van radikale relativisme en die gevare van die wydverspreide, ongekwalifiseerde toepassing van die politiese en sosiale mantra “anything goes,” het beteken dat die insigte deur ‘n gemoedeliker weergawe van relativisme geïgnoreer word. Die belangrike les uit die relativistiese posisie is dat kennis opsigself perspektief gedrewe is: ons siening van die wêreld is altyd vanuit ‘n sekere perspektief; daar bestaan nie ‘n eksterne uitkykspunt vanwaar ons die wêreld kan waarneem “soos dit werklik is” nie. Dit beteken eenvoudig dat ons slegs ‘n intelektuele houvas op realiteit kan kry binne ons eie konseptuele skema of raamwerk, bepaal deur ingewikkelde kombinasies van faktore soos kultuur en geskiedenis, en dies meer. Maar die feit dat ons nie vanuit ons konseptuele skema kan ontsnap ten einde ‘n objektiewe obervasie van dinge te maak nie, beteken nié dat ons nooit iets kan weet nie. ‘n Perspektief moet ‘n perspektief oor iets wees, en deur ons verskillende perspektiewe te deel en te vergelyk, kan ons hoop om ons verskillende sienings en gelowe in ‘n reliëf te vorm as ‘n stereoskopiese prent van die wêreld. Dit veronderstel dat begrip bereik kan word deur samewerking, kommunikasie en uitruiling van idees.

Filed Under: Philosophy



















Die uitdrukking “everything goes” is ‘n aanduiding van die tyd waarin ons lewe. Dit lyk vir my asof Christene soms die uitdrukking op hulle geloof en hulle lewe as Christene van toepassing maak in ‘n poging om meer effektief te wees in hulle daaglikse getuienis, ongelukkig word dit dan ‘n lewe met die een kompromie op die ander en “staan” gelyktydig vir vir alles, maar ook niks nie.
Die probleem kom, dink ek, as relatiwiteit verabsuliteer word. Ons kan konsensus bereik aangaande ons huidige werklikheid, met kennisname en aanvaarding van die feit dat alles onderworpe is aan verandering, dus werklik relatief en tyd, kultuur en kennis gebonde. Dat vandag se waarhede more as verkeerd bewys kan word.Niks ontsnap hieraan nie, nie eers die “waarhede” van die kerk nie. Om nie eers te praat van die politiek nie.
This post, the previous one “sirkels om relativisme” and Cobus’ blog “extreme fundamentalism and extreme relativism” has for me been especially thought provoking. As long as I am allowed to occasionally spray a room filled with fundamentalists with a wall of lead, I’m happy.
Proverbially that is.
Umshini wam … umshini wam
C & H sal nou nooit weer dieselfde wees nie
.
Hoe interessant dat ek niks van geloof of godsdiens hier raak lees nie (wel die noem van gelowe is nie vir my genoeg nie), maar die eerste twee comments pyl daar op af?
Idees, beginsels en argumente gaan altyd perspektief gedrewe wees. Jy skep dit uit jou eie verwysingsraamwerk uit. Die truuk is daarin om te kan redeneer sonder om te wil verkleineer, sonder om te probeer om iets in iemand anders se keelgat te wil af forseer.
Somtyds is dit beter om eers diep asem te haal, en selfs ‘n klein bietjie van die ander denkwyse te verstaan, voor jy ‘n skêr gryp en dit aan vlarde knip.