RSS

Perde, en nie zebras nie

October 23, 2009 | Emil | Comments 16

‘n Goeie vriend van my, ‘n vooraanstaande ortopeet en seker die enigste in sy soort in Suid Afrika as dit kom by ‘n spesifieke soort beenvervanging en prostese jeens kanker, vertel my ‘n oulike staaltjie van hoe verleidelik dit vir jong dokters is om baie maal raar en eksotiese diagnoses te maak waar ‘n voor die handliggende en eenvoudige verduideliking meestal redeliker is. Hy waarsku sy studente: wanneer jy hoefslae hoor, moenie ‘n zebra verwag nie.  In die meeste gevalle is die voor die handliggendste diagnose die korrekte een.

Desnieteenstaande is die eenvoudigste verduideliking nie altyd die korrekte een nie, en enige dokter wat alleenlik hoefslae erken sal verseker ‘n perdedokter wees. En wanneer mens in Afrika werk, moet hierdie aforisme vanselfsprekend omgekeer word (wat dit kan maklik wel ‘n zebra wees).

Deurgronde gebruik van Occam’s razor is veronderstel om ‘n rasionele keuse tussen twee opponerende teorië te fasiliteer. Buridan se donkie (moontlik die donkie van Occam se student, Jean Buridan) illustreer die gevaar van oordrewe rasionalisering. Die donkie ter sprake bevind ditself tussen twee hooibale; sien geen rede om die een hooibaal bo die ander te verkies nie en doen dus niks nie. Hy sterf van honger. Die fout wat die armsalige dier gemaak het, was om te veronderstel dat, sou daar nie ‘n redelike keuse wees om die een bo die ander te kies nie, dit irrasioneel is om ‘n keuse te maak en dáárom rasioneel is om niks te doen nie. Die waarheid is natuurlik dat dit wél rasioneel is om iets te doen, selfs al kan daai iets nie deur ‘n rasionele keuse bepaal word nie.

Occam’s razor en Buridan’s ass. Get it?

Soms is die skeerlem egter stomp. Stel ons ongeoorloofde entiteite of ongeoorloofde hipoteses aan die kaak?

Peep on Gatorpeeps 

Filed Under: Philosophy

About the Author: A person, a fallible human, writing about meaningful coincidences of outer and inner events that are not themselves casually connected - events in the material world which seemed to cluster together without any apparent reason or even logical connection.

RSSComments (16)

Leave a Reply | Trackback URL

  1. demoerin says:

    Ek voel partykeer soos daardie donkie as hulle ‘n te lang menu voor my neersit…. dan kies ek maar altyd vir die burger.

  2. Johan Swarts says:

    ek HAAT lang menus! veral menus sonder prentjies. ek kan nooit besluit nie.

  3. Emil says:

    Nou hoe kom ons van donkies, perde en zebras by lang menu’s uit :?:

    Zebra is nogals lekker vleis. Nie seker van die ander nie :razz:

  4. pluim says:

    het jy zebra vleis al geëet, Emil

  5. RandomNumberZero says:

    The Invisible Pink Unicorn Rules!

  6. koeksister says:

    Ek verstaan wat jy sê maar dit maak nie vir my sin nie.
    Is dit soos om ‘n moeilike woordsom te doen, dadelik by ‘n antwoord uit te kom, te dink dit was te maklik, en dan verder gaan soek terwyl jou eerste antwoord eintlik reg was :???:

  7. Andrew says:

    Kan iemand my help met die spreek woord “Aan die kaak stel” Wat beteken dit? Ek dink dit is om te bespreek of te ontbloot.

    Ek probeer die slot vraag verstaan.

  8. Toast says:

    Andrew “ontbloot” is reg. “To uncover”

    • Andrew says:

      Dankie Toast vir die hulp.

      Ek het vinnig geloer na jou link hier onder en opgelet die klem wat gelê word op die waarde van erdwurms. Charles Darwin het meer as 100 jaar gelede besef dat die rol van erdwurms in die natuur onderskat word. Sy laaste groot werk was ‘n 40 jaar lange studie genaamd: “’The formation of vegetable mould, through the action of worms, with observations on their habits.’

      The legend, the genius.

  9. Toast says:

    Stel ons ongeoorloofde entiteite of ongeoorloofde hipoteses aan die kaak?

    Nee- nie genoeg nie. Die Westerse “beskaaftes” is Buridan donkies.

    “To advocate for human rights, peace, and social justice while ignoring their necessary ecological basis –— a stable human population – at, or slightly less than – the eco-systems long term carrying capacity — is intellectual dishonesty and hypocrisy. ” http://jagia-07146.blogspot.com/2008/11/population-resources-and-human-idealism.html

Leave a Reply

If you want a picture to show with your comment, go get a Gravatar.

56