RSS

Uittreksel

November 06, 2009 | Emil | Comments 25

Dit is ‘n donker, stil somersnag. Bedompig, klam en klewering. Ek klim versigtig by die venster uit en sukkel effe met my lang bene sodat my broeksak aan die vensterhaak vashaak. Ek struikel half en half op die vensterbank. Die groot, wit plastiekgeut stuit my val; ek het genoeg tyd om die topgewel vas te gryp en my balans te herwin. Daarna klouter ek ietwat onbehendig na benede, nog bewerig van die skrik en met die bitter smaak van adrenalien in my mond, die geut al wankelend in my greep.

Van die onderpunt van die stort se venster, ongeveer drie meter bo my kop, is dit ‘n kort ses meter tot by die koshuis se agterste hek, die een wat na die kerkplein oopmaak. Die slot is al reeds jare aan die ketting vasgeroes, maar ons het slinks die skaniere los gewikkel sodat die hek bloot opgelig en in die teenoorgestelde rigting oopgeswaai kan word, met die ketting en geroeste slot wat dien as skanier.

Ek begin draf. Die skougronde is vyftien kilometer verder weg, ongeveer vyftien minute se draf, teen my bo-gemiddelde pas. Ek het wel geen behae in die skool se georganiseerde sport nie, maar ek probeer steeds fiks bly. Nie sonder rede nie. Behalwe dat oefening en deelname aan landlope en atletiek ‘n klomp neulkose van my rug afhou, is dit altoos goeie verskoning om vroegoggend en smiddags op die pad te wees sonder onnodige veroordeling vanaf die horde gesagsfigure in my lewe.

Die ligte somerbriesie wat saggies my wange streel, en die stil gefluister van die wind in my ore voer my mee na ‘n interne wêreld waar ek die buitekant summier kan uitsluit. Dit is nou net ek en die marsslag ritme van my voete wat op die teerpad plof. Ek sweef en niks kan my van stryk bring nie, ‘n bekoorlike oomblik, gestroop van elke greintjie geloof waarin daar ooit denkbaar getwyfel kan word, en die verantwoordelikhede waarmee ander my so graag opsaal.

Ek vind in hierdie oomblik dat ek myself nie meer met eksterne stimuli identifiseer nie. My gedagtegang is bevry van die kettings van bygeloof, rede, breinspoeling en ek konsentreer suiwer op my asemhaling. My pas versnel. Lus dryf my vorentoe, ‘n smeking in my lende.

My keel begin brand vanweë die snelle pas wat ek handhaaf.

My roete kronkel soos ‘n rivier deur die slapende dorp, meestal donker met ‘n rare stoeplig verskynend en verdwynend soos ek verby draf. Blare ritsel en die droombeelde wat die groter bome skep, omsingel my in hulle uitgestrekte skynarms deur die maanling geskep.

Peep on Gatorpeeps 

Filed Under: Afrikaans

Tags: Vrydag

About the Author: A person, a fallible human, writing about meaningful coincidences of outer and inner events that are not themselves casually connected - events in the material world which seemed to cluster together without any apparent reason or even logical connection.

RSSComments (25)

Leave a Reply | Trackback URL

  1. Jy sien….. Dis nou juis die beskrywing wat my regtig lus maak om te begin draf… Dit lyk altyd vir my so lekker wanneer mense so in hul eie denke vasgevang word terwyl hulle gemaklik die pas aangee….

    • Rustig says:

      Nee kyk ek draf nie eers toilet toe met loopmaag nie. Hardloop is vir wilde diere!
      Emil: Ek sal weer later kom lees. Bietjie vroeg vir my.

    • Emil says:

      Mhmm, so het die hoofkarakter daaroor gedink voordat my subredakteur aanbeveel dat ons dié paragraaf uithaal:

      “Ons dobber meestal op ‘n oënskynlike bodemlose see van onsekerheid, maar my voete se ritme bied altyd ‘n houvas op ferm grond waarop ek elke keer daadwerklik poog om die ragwerk van my menswees te herbou, tree vir tree. En wanneer ek myself nie meer met al die eksterne stimulus identifiseer nie, is my bewussyn en gedagtegang bevry van die kettings van bygeloof, rede en die indokternasie van onderwys. Al wat oorbly is die stilte, met net ék as die subjek. Dis amper ‘n ongeëwenaarde vryheid, ‘n opkoms van innerlike vrede, ‘n subtiele stilte, self ter aanskoue van die daaglikse gruwels van hierdie sogenaamde goddelike skepping.”

  2. Jis Emil… In alle eerlikheid kon ek nie glo die stukkie hier bo het substance (nee wag… lees Emil Substance gekort nie…

    Dit was geproeflees! ;)

  3. Rustig says:

    Ek weet nie, dit klink en kom my net so voor dat dit dêm seer kan wees. Ek het in pastorie groot geword, ken nie van. :)

  4. RandomNumberZero says:

    Die hoofkarakter ( vroulik?) lei aan ernstige korrasie, bronstigheid. Hoop hy/sy bereik vinnig die bestemming. Alhoewel sy/hy sal leer dat die reis belangriker as die bestemming is.

  5. demoerin says:

    Ai toggie… en net as mens lekker lees is dit klaar.. ons sal maar seker tevrede moet wees met die lusmakertjie uittreksel.

  6. demoerin says:

    Ek moet sê daardie draf-ding wat mense doen lyk altyd vir my ook lekker. Ek is net bang ek probeer al die geraas in my kop uitsorteer, en vergeet om terug te draai huis toe :?:

  7. demoerin says:

    Uh-uh – Ek soek vir Vangelis – Iets groot soos Conquer of Paradise :lol:

  8. Emil says:

    Eintlik handel die teks glad nie oor draf nie :mrgreen:

  9. Skies Emil… Ek het net vasgehak by “Ek begin draf. Die skougronde is vyftien kilometer verder weg, ongeveer vyftien minute se draf, teen my bo-gemiddelde pas.”

    En hol ons loskoppe weer met ons weg…. Ai… :roll:

  10. koeksister says:

    Hy gaan iemand skelm ontmoet by die skougronde?? Oe, alla :)

Leave a Reply

If you want a picture to show with your comment, go get a Gravatar.

52