RSS

Uiteindelik dan, my mening oor godsdiens in die skole

November 10, 2009 | Emil | Comments 55

So poog ek nou al lank om nié iets oor hierdie emosioneel-belaaide onderwerp te skrywe nie. Ek lees by ander plekke staaltjies hieroor, en dit is duidelik dat menings verskil (Google dit maar alles self). Selfs Wat Kyk Jy het ‘n zef mening verwoord.

Hoe dit ookal sy, dié onderwerp sal gewis lank in die psige van ons ou volkie smeul, enersyds omdat godsdiens en die geloof in ‘n Verlosser vir baie kritiese onderdele van hulle identiteit uitmaak – en daarmee saam dan ook ‘n volksgemoed – en andersyds, omdat godsdiens en die gebrek aan ‘n geloof in ‘n Verlosser vir baie gekoppel is aan ‘n realiteitsbeskouing wat min of geen ruimte vir die bonatuurlike los nie. Uiteindelik is hierdie onderskeid, op sy mees elementêre vorm, vergelykbaar met wat Richard Dawkins soos volg omskryf:

The true scientist, however passionately he may “believe” … knows exactly what would change his mind: evidence! The fundamentalist knows nothing will.

‘n Verenigbare tema vanuit elke religie (fundamentalisme) is die oortuiging dat daar ‘n enkele, outoritêre stel voorskrifte en leerstellings bestaan wat die esseniële en fundamentele waarheid oor God (of gode) en Sy (of hulle) verhouding met die mens verkondig. Die heilige geskrifte is die letterlike woord van die godheid en is daarom, emfaties, nie oop vir interpretasie en kritiek nie. Insgelyks moet die morele kode en voorskrifte in die tekste vervat tot die letter nagekom word. Op grond hiervan, in die skool, ontstaan derhalwe die volgende probleem: in die Christelike siening van godsdiens op skool, byvoorbeeld, is die Genesis verhaal (albei weergawes) van die skepping letterlik waar en staan dit in direkte konflik met Darwin se teorie van evolusie.

Dus: het intelligente ontwerp enigsins ‘n bestaansreg in die curriculum van ons land se skole? Twee teenpole van die magneet, waarvan Bertrand Russel so liries die impak omskryf:

We do not speak of faith that two and two are four … We only speak of faith when we wish to substitute emotion for evidence. The substitution of emotion for evidence is apt to lead to strife, since different groups substitute different emotions.

Nêrens sien ons híérdie impak duideliker as in die eensydige verstaan van die term “fundamentalisme” in die Westerse wêreld se verwysingsraamwerk nie. Sensasionele verslaggewing berig hoe Islamitiese selfmoordbommers gemotiveer word om hulself en ander op te blaas deur die belofte van 71 maagde in die paradys. Ons is natuurlik geskok. Op gesigswaarde hiervan is daar egter min te kies tussen die maagd-geïnspireerde motivering van die selfmoordbommer en fundamentalistiese fanatici soos Paul Hill en Scott Roeder, albei, volgens hulle geloofsoortuiging, genoodsaak om mediese dokters wat aborsies uitvoer, dood te skiet. Paul Hill, ten tyde van sy teregstelling, het die volgende gesê: “I expect a great reward in heaven … I look forward to glory.”

Dus: watter morele kode en leerstelling? Die wil van God soos geopenbaar in heilige geskrifte is tydloos en onveranderd, en die onmiddelike impak hiervan is die ontstaan van ekstreme konserwatisme.

Uiteindelik word die kwessie van godsdiens in die skole vir my nog die heel beste verwoord in ‘n uitspraak in 1997 van Regter Harry A. Blackmun:

When the government puts its imprimatur on a particular religion, it conveys a message of exclusion to all those who do not adhere to the favoured beliefs.

Ek sou wou dink dat ons land, met sy teokratiese geskiedenis, hierdie les reeds geleer het. Godsdiens en godsdiensonderrig hoort in die kerk, moskee en tempel; nie in die skool nie. Te onlangs nog onthou ek hoe van my skoolmaats jeens ‘n ander geloof – omdat hulle so gebore is – nie deel kon vorm van ons bybelklas tussen 08:00 en 08:30 nie. Ek stel weer vir Betrand Russel aan die woord, omdat hy die gekkespul beter as ek omskryf:

Whenever I go into a foreign country … they always ask me what is my religion. I never know whether I should say “Agnostic” or whether I should say “Atheist” … As a philosopher, if I were speaking to a purely philosophic audience I should say that I ought to describe myself as an Agnostic, because I do not think that there is a conclusive argument by which one can proves that there is not a God. On the other hand, if I am to convey the right impression to the ordinary man in the street I think I ought to say that I am an Atheist, because when I say that I cannot prove that there is not a God, I ought to add equally that I cannot prove that there are not the Homeric gods.

My eie vorm van ateïsme is ‘n ware vroomheid voor die heelal. Ek ontken uitsluitlik daardie gode deur die mens na sy eie beeld gevorm om slawe van hulle selfgsugtige menslike belang te wees. Wie se gode wil ons op die kinders afdwing?

Peep on Gatorpeeps 

Filed Under: PhilosophyReligionSouth Africa

Tags: Bertrand RusselgodsdiensonderrigRichard Dawkinsskole

About the Author: A person, a fallible human, writing about meaningful coincidences of outer and inner events that are not themselves casually connected - events in the material world which seemed to cluster together without any apparent reason or even logical connection.

RSSComments (55)

Leave a Reply | Trackback URL

  1. Rustig says:

    :lol:
    Is ateïsme nie maar ‘n makliker uitweg in die lewe as om te soek na die waarheid nie. Omdat ons nie altyd dinge kan voel, sien of op papier kan bewys nie, gryp ons na ateïsme.

    • Emil says:

      Dit hang natuurlik heeltemal af van hoe jy ateïsme definieer. Het ek geloof in bonatuurlike wese nodig om na die waarheid te soek? En veronderstel waarheid deurgans geloof in ‘n bonatuurlik wese?

      Om Agnosties te wees, daarenteen, is uiters moeilik.

      • Rustig says:

        Dalk moes ek die woord “antwoorde” ipv waarheid gebruik het. Ek sal moet gaan hard oefen om gedagtes in skrif te stel. Skrywe was nou nie my “gift” nie.

        Baie mense glo in die “groot kaboem teorie” alhoewel niemand daar was om dit waar te neem nie so dit is net ‘n teorie. Ek persoonlik glo nie daaraan nie, want dit is teorie in my oë. So ek maak dit af as twak. Wetenskaplike ateïs dan. So in plaas daarvan dat ek gaan soek of die teorie korrek is maak ek dit liewer af as verkeerd. Dit is net ‘n voorbeeld. Hoop jy verstaan. Indien nie, moet jy wag tot ek by die huis is.

        Is ateïsme nie die moontlike bestaan van god/gode te ontken nie?
        Dan aan die anderkant het iemand my eendag vertel om ateïs te wees neem meer geloof as om god/gode te glo. ;)

  2. Ja ek stem saam jou Emil, dat godsdiens en onderrig geskei moet word.

    Ek dink in elkgeval die wat in ekstreme dade oorgaan om hul geloof te verdedig soos om dokters dood te skiet het een of ander afwyking… Geloof vereis dit nie van jou nie. Wel christelike geloof in elk geval.

  3. Emil says:

    @Rustig, ek begryp nie jou geneurie nie :lol:

  4. Joh says:

    Soos ek op ‘n anner werf ( http://skalkskryf.wordpress.com/2009/09/27/godsdiens-op-skool/) gesê het: “Die grootste probleem as godsdiens op skool ge-ignoreer word is dat die godsdienste van Mamon en Ego totaal bemagtig word.”

    Godsdiens is ‘n belangrike faktor van menswees, vir die grootste deel van die mensdom. Om dìe feit te ignoreer kan lei tot groot skade aan die jeug se siele (sic :wink: ). En aangesien godsdiens ook een van die belangrikste draers van moraliteit is, en sekulêriteit NIE, is dit (die ignorering van godsdiens) waarskynlik die grootste rede vir die morele verval wat wêreldwyd in deesdae se skole onnervind word.

    Skoolgaan is breinspoeling- kant en klaar. Die streng sekulêre benadering tot onnerwys ontneem kinders die geleentheid om moreel te ontwikkel. Wiskunde, biologie, boekhou, rekenaarwetenskap en geskiedenis het geen morele fundering nie, en kan daarom nie morele opvoeding (lees breinspoeling) aan kinders verskaf nie.

    Op daai anner werf het ons soort van tot die slotsom gekom dat filosofie as akademiese vak op skole aangebied moet word. Godsdiens en moralitiet kan as onnerafdelings daargestel word.

    Maar om godsdiens net eenvoudig uit skole te verban en nie iets beters daar te stel nie, het sover net tot verval gelei.

    • Emil says:

      Die vraag is wanneer word een godsdiensrigting bo ‘n ander gestel as méér reg. ‘n Vak soos “Etiek” staan my eerder aan.

      Ou John Lennon se “Working Class Hero” spring my gedagtes skielik binne.

      • Joh says:

        Die punt is juis dat geen godsdiens bó die anner gestel moet word nie. Algebra is nie meer reg as meetkunde nie.

        Die poging sou eerder wees om kinders soveel as moontlik inligting oor godsdiens as ‘n vakgebied te bied en NIE om ‘n spesifieke een voor te hou as die enigste waarheid nie. Objektiewe inligting oor die spektrum van godsdiens, as ‘n onnerwerp binne die weie veld van filosofie kan hopelik daartoe bydra dat die fundamentalistiese benadering tot godsdiens uitgeskakel kan word. (Ongelukkig nie totaal nie – daar sal altyd ‘n Dawkins en ‘n Aitolla tussen ons wees. :mrgreen: )

  5. Johan Swarts says:

    Ek wil graag myself as ‘n agnostikus klassifiseer, want dis ‘n standpunt wat ek intellektueel verandwoordbaar (en verantwoordelik) vind. Dis eerlik.

    Of ek dit ooit regkry, is ‘n heel ander storie…

  6. George Maru says:

    Baie goeie inskrywing Emil. Vir ‘n baie lang tyd het ek weggeskram van die term ateïs. Ek dink ook omdat dit so ‘n gelaaide term geraak het. Maar ek dink mens moet ook onthou wat oorspronklik daarmee bedoel is. ‘n Ateïs is a- teïsties, maw jy onderskyf nie ‘n teïstiese Godsbeskouing nie. Daarmee is ek baie gemaklik. Ek dink mens kan redelik maklik met die bewyse tot ons beskikking teïsme verwerp, hetsy Islam, Judaïsme of die Christendom. Inteendeel, sou een van die 3 waar is soos verkondig deur die volgelinge, sou ek dink dat die lewe inderdaad sinloos is en daar geen rede is om voor te leef nie.

    Ek is egter gemaklik om myself met agnostisisme te vereenselwig betreffende die groter vrae wat die mens nou al eeue besig hou. Ek dink dit is die eerlikste antwoord wat ons op die oomblik tot ons beskikking het.

    Maar net omdat ons nie nou al die antwoorde het nie, beteken nie ons moet gryp na die eerste en beste versinsel wat ons met moedersmelk ingekry het en op skool verder mee geïndoktrineer is nie ter ondersteuning van iemand se politieke agenda nie. Die werklikheid bied eintlik soveel meer en ek is spyt ek is nie vroeër meer blootgestel aan die wonder van die wetenskap nie.

  7. demoerin says:

    Ek glo ook spesifieke Godsdiens en skoolonderrig moet geskei word, ten minste tot op ‘n vlak soos Hoërskool waar die leerling ‘n ingeligde keuse kan uitoefen.

    Tog glo ek dan daar moet ‘n tipe vak, soos jy noem etiek, of dan moralitiet, of so iets wees wat dit vervang wat tog die boustene gaan lê.

    Menige onderwyser sal dit beaam dat daar wel ‘n algemene verval in waardes van talle leerlinge is, en as hulle nie hierdie basiese boustene by ouers gaan ontvang nie, moet hulle dit tog iewers aanleer.

    • Emil says:

      My vraag is of die verval van waardes direk korreleerbaar is met die gebrek aan godsdiensonderrig. Dit behoort interessante navorsing te wees.

      • Renier says:

        Ek is ten gunste van empiriese navorsing in die verband.

      • demoerin says:

        Nie noodwendig Godsdiensonderrig nie, maar wel die waardes gekoppel aan Godsdiens. Jy kan die een onderrig sonder om die ander af te dwing.

      • Ek glo dat alle (of enige) vorm van godsdiens ‘n waardestelsel afdwing wat inherent goed is vir ‘n meer ordelike samelewing. Die basics tel… die fynere detail moet by die huis geleer word.

        Neem Islam byvoorbeeld… As jy steel kap hulle jou hand af!

  8. Rochelle says:

    Jinne sal mens nou so hard op n woensdag moet dink… maar hier is my 2c worth…

    Sou Godsdiens as n fak op skool gebied word, wie sou dit aanbied? As die onderwyser/es n gelowige so wees in een van die vele rigtings sal daar outomatiese voorkeer plaas vind al word dit nie bedoel nie? Sou die leeraar dan eerder n atiest moet wees, sal daar nie dan n saad geplant word in die agter kop van die kinders dat geen god/e bestaan nie?

    Ek stem dus saam Emil godsdiens hoort in plekke van aanbidding nie in plekke van onderig nie. Is dit in elkgeval nie n ouer se plig om hulle kinders volgens hulle geloof groot te maak, hoeveel meer dinge wil ouers in hulle onkunde af pak op ander mense om aan hulle kinders te leer?

    • Emil says:

      Dit is natuurlik anders as jy by ‘n spesifieke skool onder ‘n spesifieke geloofsvaandel die onderrig kry, soos byv. in ‘n Rooms-Katolieke skool. Dit is dan ook so dat Moslem-kinders spesifieke geloofsonderrig na-skools ontvang. Niks verhoed dít nie!

  9. Renier says:

    In die apartheidsjare toe elke groep na sy eie skool toe gegaan het, kon elke groep in sy eie kultuur en godsdiens onderig ontvang. Leer is immers meer as net die oordra van kennis; dit word vanuit ‘n bepaalde vertrekpunt gedoen. Dit het goed gewerk al was daar ook nadele aan verbonde. Die gebrek aan interaksie het basies tot polarisasie gelei. Huidige situasie is dat die blankes met ‘n meerderwaardigheids houding sit en die anderskleuriges met ‘n arrogansie wat skrik vir niks. Om nou apologeties te wees oor jou godsdiens is na my mening verkeerd. Ek besef egter dat dit die onderwyser in ‘n onmoontlike situasie plaas in die mate dat hy nie sy kinders kan leer vanuit ‘n bepaalde godsdiens perspektief nie. Dit kan egter gedoen word maar die kinders stap soveel armer daar uit. Die Christendom word met sout vergelyk; neem dit weg en verval tree in. Wat die persoon betref wat God ontken, voel ek in my hart jammer. Hy en elke ander persoon sal voor God moet verskyn. Jesus Christus het vir elke mens aan die kruis gesterf, maar nie almal aanvaar dit nie. Wie die Seun het, het die lewe, wie nie die Seun het nie, het nie die lewe nie. JY kan nog sonder God probeer lewe maar hoe gaan jy sonder God sterwe? Die ewigheid is lank en die hel is verskriklik. Nou is genade tyd solank daar nog lewe is. Kinders behoort by hulle ouer huise geleer te word oor God en die skool behoort net ‘n voortsetting te wees. Met die kultuurmengelmoes tans moet die kind/ers opstaan en self hulle godsdiens in die skool bevorder. Die verval is reeds sigbaar en hoe meer God uit die skole gehou word, hoe meer verval kan jy verwag. Ouers behoort nie hulle verantwoordelikheid rondom Godsdiens op die skole af te druk nie.

    • Emil says:

      Jy opper goeie punte. Die huidige sekulêre benadering, of soos jy dit noem, kultuutmengelmoes, het sy voordele, maar ek dink sonder die definisie van ‘n aanvaarbare waardesisteem, is dit egter nie lewensvatbaar nie. Ek sal geen probleem daarmee hê indien kinders die morele waardes vanuit die Christelike geloof aangeleer word nie, maar dan wel nie noodwendig ás godsdiens nie. So sou mens ook baie van die Oosterse konsepte in so ‘n onderrig kon inbring.

      Is die verval waarna verwys word ‘n direkte verband met die feit dat God nie meer in die skool is nie? Speel ander makrofaktore nie ook ‘n rol nie, soos dissiplinêre kodes, menseregte, dissonansie in ouerhuise, ens.?

      Dankie vir jou insigte.

      • demoerin says:

        Dit is juis die punt. Die verval is nie noodwendig oor Godsdiens nie, maar eerder die ontbrekende waardes, etiek en moralitiet as jy wil, gekoppel aan Godsdiens. Mens kan die waardes onderrig sonder om dit aan spesifieke Godsdiens te koppel.

  10. mnr.muller says:

    Bybelstudie-periodes het alreeds weggeval by (die meeste) skole.

    Daar is tans ‘n vak, Lewensoriëntering, waar leerders o.a. van die verskillende hoofreligieë leer.

    Sien: http://parentingbeyondbelief.com/blog/?p=2863 vir ‘n soortgelyke VSA-vak.

    Die uitkoms is natuurlik om leerders met begrip toe te rus vir ‘n multikulturele (on)geloofswêreld. Dit is, myns insiens, belangrik.

    * * *

    Waar godsdiens wel steeds gepleeg word, is tydens saalperiodes en seremoniële funksies, asook in moontlike CSV-periodes tydens skooltyd.

    Dis welliswaar tricky, want (Suid-)Afrikaanse skole bemark hulleself graag as instellings met “Christelike waardes” of “Christelike karakter” en dies meer.

    …miskien eerder om ‘n kulturele gebondenheid te behou as ‘n geloofsverbond. Afrikaans en Christelik is altemit soos Vinkel en Koljander. Hoe anders open jy dan nou ‘n saalbyeenkoms?

    * * *

    So hoe nou vorentoe?

    ‘n Groot, logge stelsel, soos die onderwyssisteem, verander moeilik.

    As jy van bo-af sekularisme afdwing, gaan jy verset kweek, veral by skole wat gesetel is in gemeenskappe waar kinders klein en ouers groot gedoop word.

    So, ek vermoed ons moet nuwe onderwysers oplei met multikulturele sensitiwiteit, en geleidelik kans gee dat beheerliggame self hulle skole eerder as inklusief wil begin bemark.

    Maar dit kan tyd vat.

    * * *

    In my registerklas by die skool waar ek onderwyser was, het hulle verwag dat ek oggende open met skriflesing en gebed.

    Vir my was dit gerieflik om die Quran- én Bybelteks vir die dag uit Die Burger te lees.

    Soms het ek vir die leerders kans gegee om iets na aan hulle harte met mekaar te deel. Ander kere het ek hulle bloot laat stil word en rustig in-en-uit-en-in laat asem – stilweg leer mediteer.

    Wat pret was, was om die leerders te laat dink en saamgesels oor moontlike nuwe gelykenisse t.o.v. hedendaagse onderwerpe, of juis om Quran-tekste só te selekteer dat dit feitlik identies is aan die Bybelteks.

    Ook was dit lekker om te filosofeer oor skeppingsverhale en die wetenskap, en om dan ons skouers op te gooi en te bid dat ons admit dat ons regtig geensins kan weet nie.

    * * *

    Dit is goed om ‘n mening te hê oor godsdiens in skole; dis moeiliker om gevestigde praktyke te verander.

    • Emil says:

      “Dit is goed om ‘n mening te hê oor godsdiens in skole; dis moeiliker om gevestigde praktyke te verander.”

      Jip. Dis waar. Tog kán dinge verander, of nie?

      • mnr.muller says:

        Ja-nee, dinge kan verander, maar jy moet die hele sisteem in sy totaliteit tackle.

        Hoofde se koppe moet geswaai word, ouers s’n moet geswaai word, kerke s’n moet geswaai word en onderwysers s’n moet geswaai word.

        Mettertyd, sien ons, gebeur dit wel oral, saam met ‘n tydsgees.

        Die enigste “gevaar” is dat daar as backlasch, pockets van fundamentalistiese gemeenskappe kan ontstaan.

        Die waarde waaroor almal moet saamstem, is dat dit voordelig is vir kinders om kennis te dra en begrip (en waardering) te hê van verskillende gelowe.

        Oftewel: as gemeenskap moet ons glo dat diversiteit inderdaad ‘n bate is.

        (Mense sluk nog moeilik daaraan.)

  11. Andrew says:

    “… of juis om Quran-tekste só te selekteer dat dit feitlik identies is aan die Bybelteks.”

    Pragtig, en met die voordeel van tyd aan my kant om hieroor na te dink, sou ek byvoeg: “ … en Bybeltekste só te selekteer dat dit nie teenstrydig is met morele waardes van die samelewing nie.”

    Vrydenkende leerlinge sal gou tot die besef kom dat sekulêre morele waardes betrokke is in hul besluitneming oor watter geloof om te volg. Wel natuurlik is dit nie wat gewoonlik gebeur nie, gewoonlik word leerlinge gebreinspoel met hul ouers se bygelowigheid sonder dat hulle ‘n kans gegun word om self daaroor te dink, en spandeer hulle meer tyd om te besluit watter deodorant om te gebruik as watter god(e) om te aanbid.

  12. griff says:

    Emil, ek het jou comments gaan lees op http://www.sarocks.co.za

    Ek dink nie ek het al ooit my kop so baie op en af geskud soos ek met iemand saamstem nie. (Nee eers toe ek ‘n metalhead was en ge-headbang het soos ek saamstem met die beats en lawaai nie)

    Verskoon my taal, maar well fucking done.

    • Emil says:

      Dankie, griff. Die dinge lê my na aan die hart. Alles is nie perfek nie, maar heiden, alles is ook nie soos zasucks dit pervers aanbied nie.

  13. Rustig says:

    Wonder of Satanisme en Wicca ook deel sal wees van die syllabis? Vrydag moet al die leerlinge swart katte skool toe bring en Maandag eike blare en “magic mushrooms”. Spyt ek is klaar met skool. Maandag sal my gunsteling klas gewees het. ;)

  14. Renier says:

    As gevolg van die gemengde skole sal ons maar verlief moet neem met ‘n basiese waarde sisteem: iets soos “ek respekteer jou siening en jy respekteer my siening en ons behandel mekaar met respek”. Ek en my kinders kan daarmee saamleef. Die groot gebod van Jesus is dat jy God bo alles moet liefhê en jou naaste soos jouself. Wat nie gaan werk nie is ‘n konglomeraat van godsienste op gelyke voet. Jy kan nie God die Vader met Allah of Jesus met Mohammed vergelyk nie. Daar sal raakpunte in die Bybel en die Koran wees maar dit is twee hemelsbreë verskillende Godsdienste. So om bv ‘n klas te gee en noem dit watse naam ook al waar die kinders aan die verskillende godsdienste blootgestel word kan dalk werk. Is maar ‘n moeilike saak.

    • Toast says:

      “basiese waarde sisteem: iets soos “ek respekteer jou siening en jy respekteer my siening en ons behandel mekaar met respek”.” –

      Jy is reg as jy “basies” hier noem in die konteks as “primitief”.

      En nee- ek onderskryf nie hierdie “basiese” waardesisteem niie.

      • Joh says:

        Renier ek stem saam met jou.

        Toast, ek verstaan die “basiese” waardesysteem wat Renier noem as die “basis” of “grondslag” van moraliteit wat ‘n samelewing moontlik maak. Dis nie primitief soos in agterlik nie. En een van die basiese elemente van moraliteit is juis “respek” vir anner se opvattings en sienings. Sonner respek kan jy ‘n beskaafde samelewing vaarwel toeroep. Soos ons huidiglik in SA onnervind met geweldadige misdaad wat basiese waardes misken.

  15. Toast says:

    Staat en kerk behoort altyd geskei wees.Daarom hoort godsdiens en godsdiens beoefening in geen staatsinstelling nie.

  16. Andrew says:

    “Daar sal raakpunte in die Bybel en die Koran wees maar dit is twee hemelsbreë verskillende Godsdienste.”

    Hallo Renier, ek byvoorbeeld kan nie dink aan twee godsdienstige “brands” wat meer na aan mekaar is as daai twee nie, behalwe miskien as jy die Joodse geloof daarby insleep.

    Mnr Muller lewer gereeld insigewende komentaar en ek kan maar net wens dat meer onderwysers soos hy was. Besoek sy blog gerus en lees ‘n bietjie oor die metodes van onderwys wat hy aanbeveel.

    Ek is nie meer so opgewonde oor filosofie soos wat ek eers was nie, maar as ‘n filosofiese agtergrond van jou ‘n Mnr Muller kan maak dan voel ek dit moet verpligtend wees vir enige onderwyser se opvoeding voordat hy begin rondfok met kinders se breine.

    • iemand says:

      Ek is op ‘n laat stadium in my lewe gebreinspoel om ‘n Christen te word (nie sarkasties bedoel nie.) Twee opmerkings: Eerstens die woord wat Christene (In die Ou Testament), Jode en Moslems met God vertaal het in dieselfde Hebreeuse woord sy oorsprong. Die Quran, en die Joodse Bybel en die Christene se Ou Testament het baie meer ooreenstemming as wat ons as Christene graag wil erken.
      Ek dink ook Godsdiens moet uit skole verwyder word, net solank dit nie vervang word met ateistiese fundamentalisme nie, maar eerder met een of ander vorm van onderrig in waardes wat jongmense voorberei vir die lewe.
      Op hierdie stadium maak Christene te min positiewe impak op die gemeenskap omdat ons teveel daarop ingestel is om laer te trek en nie genoegsaam by die nood en lyding in die gemeenskappe betrokke te raak nie. (Terloops: As ek dit reg het, is die NG Kerk, waarvan ek lidmaat is, naas die staat die enkel grootste bydraer tot verskillende weslsynsorganisasies in die land.

      • Johan Swarts says:

        Die NG-Kerk is ook die liggaam wat die lafhaartige gesplete beleid oor homoseksualiteit vrygestel het en nou nog nie kerkeenheid kon bewerkstellig nie.

        Elkeen het sy foute?

        • demoerin says:

          Tweeduisend jaar later is daar nie Kerk-eenheid nie… ek wil ‘n kans waag en sê dit sal nooit gebeur nie.

          • Andrew says:

            Selfs nog twee duisend jaar die toekoms in is nie genoeg tyd vir “hulle” om te kliek dat moraliteit nie ‘n konstante is wat deur ‘n kosmiese regter gedefinieer kan word nie. Solank ons toelaat dat ons kinders gebreinspoel word met God Pty Limited, sal kerke bestaan en sal daar oneenigheid wees oor patent regte vir moraliteit.

  17. Renier says:

    Die oomblik as iemand “Gebreinspoel” word om ‘n Christen te word is dit fake. Die oomblik as iemand ‘n Christen word omdat hy God se stem gehoor het, is dit net genade. Selfs kinders in Christelike huise word groot sonder om op daardie roepstem te reageer. Hulle lewe dan as Christene, maar dit is nie die ware Jakop nie. Verstommend is dat Moslems wat in Moslem huise groot word ook Jesus se roepstem hoor en daarop reageer. Dit is genade alleen. Selfs ateiste of agnostici of noem hulle wat jy wil, moet ‘n keuse maak en daar is geen neutrale houding nie. Jy is vir of teen Jesus. As jy teen Jesus is, is jy anti-Jesus of te wel: anti-chris. As jy jou lewe (en sterwe) toevertrou aan Jesus het jy ‘n sekerheid wat niemand van jou kan wegneem nie, selfs al word die mat onder jou voete uitgepluk. As jy sonder Jesus sterf sal jy binne 5 minute na jou dood besef dat jy die grootste fout van jou lewe gemaak het en dan is dit te laat. ‘n Gekibbel oor kerke is nie die essensie nie – dit gaan oor Jesus die Hoof van die kerk en ons is die kerk, die liggaam van Christus op aarde tot Hy weer kom.

  18. iemand says:

    “Gebreinspoel” was ‘n sarkastiese opmerking.
    Johan: Ja, elkeen het sy foute, maar ek is bereid om te erken dat die kerk foute gemaak het (en selfs nog steeds maak)oor bv. iets soos homoseksualiteit, maar as die enigste manier waarop jy jou aversie teenoor die kerk kan verwoord is wanneer jy alle gelowiges in dieselfde hok jaag, dan is jou argument maar flou.
    Andrew:Dit is nou nie juis asof die wat nie glo dat God bestaan nou juis almal dieselfde voel oor moraliteit nie, maar dit is ook waar dat sulkes nou ook nie juis veel bydra tot die hele kwessie van moraliteit in die sameleing nie.
    Moraliteit gaan oor baie meer as reg en verkeerd en die regte standpunte oor bv. homoseksualiteit en eenheid al dan nie in die kerk nie. Die kerk skuif al hoe meer sy fokus weg van moralistiese klem, na betrokkenheid in die gemeenskap ten einde nood te verlig en hoop te bring. Hoop dat dar more weer brood op die tafel sal wees omdat mense vir verskillende redes broodgebrek het.
    Terwyl skeptiese mense en ateiste fout vind met Christene en niks doen om van hierdie wereld ‘n beter plek te maak nie, is Christene onbewus van sulke “praat-praat” besig om in hulle baiee bewustelike onvolmaaktheid te probeer om van hierdie wereld ‘n beter plek te maak.

  19. Johan Swarts says:

    …watter aversie teenoor gelowiges? En watter argument?

  20. Renier says:

    As die leerlinge in die skole dan nou maar net verdraagsaam met mekaar kan wees ongeag van godsdiens en kleur is ons ‘n stap vorentoe. Die kerke natuurlik ook maar nie vanuit ‘n humanistiese beskouing nie. Kerke moet omgee vir sy lidmate en ook vir die gemeenskap waarin hy bly (en ook daar buite sy grense). Daar is genoeg negatiewe impakte op gesinne en kinders. Die kerk (ons is die kerk) moet sout en lig wees. En die kerk soos iemand gesê het, bring hoop vir baie. Die vertrekpunt is: omdat Christus Sy lewe vir my opgeoffer het, wil ek nou mense om my dien en help – om dankie te sê. Met my foute en al.

  21. iemand says:

    Johan:”Die NG-Kerk is ook die liggaam wat die lafhaartige gesplete beleid oor homoseksualiteit vrygestel het en nou nog nie kerkeenheid kon bewerkstellig nie.”

    “Lafhartige gesplete beleid” Verduidelik gou vir my wat noem jy dit?. Of is dit ‘n goedgesinde opmerking teenoor die NG Kerk?

    En kerkeenheid, nou ja. Op grondvlak is daar menige gemeentes wat reeds in “eenheid” met mekaar saamwerk. Net omdat daar in die topstruktuur nie een of ander dokument geteken kan word nie, beteken nie dat daar op grondvlak niks gebeur nie.

    Eenheid is nie net ter sprake wanneer dit by die kerk kom nie. Ten einde versoening in die land te bewerk is dit nie net die NG Kerk wat werk het om te doen met betrekking tot eenheid nie.

    Argument?? Wel jou deel wees van hierdie gesprek is tog seker dat jy jou mening lug en dus ‘n standpunt het van waar jy argumenteer.

    Of hoe verstaan jy die begrip “argument”?

  22. Andrew says:

    @ Iemand,

    Jy skryf: ” … en ateiste fout vind met Christene en niks doen om van hierdie wereld ‘n beter plek te maak nie …”

    Ek voer aan dat die wereld ‘n beter plek sal wees indien bygelowigheid weg van skole gehou word waar dit duidelik nie hoort nie. Bygelowige mense kan nie eers eenstemmigheid bereik oor die aantal gode wat bestaan nie maar voel gewkalifiseerd om die detail van geloof as waarheid aan kinders oor te dra?!

  23. iemand says:

    Andrew: Selfs wanneer al die godsdiens uit die al die skole verwyder is, sal die wereld nog steeds nie veel van ‘n beter plek wees nie. Die grootste probleem is nie godsdiens in die skole nie.As ons van hierdie wereld ‘n beter plek wil maak, sal ons almal moet begin werk aan dinge soos armoede en werkloosheid en vigs en ens. ens.
    Weereens: Die grootste probleem is nie godsdiens in skole nie. Die punt wat ek maak is dat ateiste eintlik godsdiens van die aarde af wens, maar intussen is kerke naas regerings in die meeste lande waar godsdiens ‘n noemenswaardige rol speel, die naasgrootste bydraer tot die aanspreek van fisiese nood.
    Wat meer is, diie NGK, waarvan ek deel is, begin nou eers om erns te maak met ons verantwoordelikheid in die gemeenskap. Kom ons kyk oor vyf jaar weer wat die aandeel is van Christelike kerke in Suid Afrika met betrekking tot fisiese nood in hierdie wereld.Intussen sal ateiste en skeptici nog steeds besig wees om te veg om godsdiens van die aarde te laat verdwyn.
    Wie weet, dalk oortuig julle van tyd tot tyd mense om hulle rug te draai op godsiens, maar intussen staan ons ook nie stil nie, en is die Christelike godsdiens steeds besig om teen ‘n BAIE vinninger tempo te groei as wat skeptici mense kan oortuig om nie meer te glo nie.

    • Andrew says:

      Iemand,

      Ek wonder altyd hoekom bygelowiges liefdadigheids werk doen. Is dit nie maar soms ‘n geval van “gee jou siel aan jesus en ek gee vir jou ‘n bord kos” nie? Nie ‘n slegte ruil as jy in ag neem dat die persoon wie se siel gekoop word tien teen een daardie ideologie aan sy/haar kinders sal oordra, en so aan vir wie weet hoeveel geslagte. Een bord kos koop dus baie siele in die langduur. Vervang nou “koop siele” met “onderdruk mense” want dit is wat eintlik gebeur, siele bestaan nie. Godsdiens onderdruk die mens en verander hom in ‘n slaaf. Ek ken jou godsdiens goed, ek het daarmee groot geword.

      Wat die tempo van groei betref van NGK lede; indien dit wel so is dan moet julle nuwe lede gewerf word van ander gelowe en nie van ongelowiges nie. (Ook nie van Islam nie) Ateisme groei stadig maar seker en Islam is tans die vinnigste groeiende geloof in die wereld. Miskien wen julle katolieke oor, so ver ek weet raak hulle getalle genadiglik minder.

Leave a Reply

If you want a picture to show with your comment, go get a Gravatar.

52