RSS

Waar die argument my lei (7 van y) – die siel

November 12, 2009 | Emil | Comments 6

Soos in die verlede is daar vandag honderde miljoene mense wat glo dat daar iets soos ‘n siel of siele is. Christene, Jode, Moslems, Hindu’s, Sikh’s, Taoïste, Jains – om dan nou nie eers die Egiptenare, Grieke, Romeine, Chinese and dosyne ander, lewendig of dood, te noem nie. Almal bely ‘n geloof in hierdie dinge(e): rasionele siele, kosmies- of universiële siele en siele wat saam met die liggaam vergaan. En tog, ten spyte van die historiese konsensus oor die bestaan van hierdie psigiese iets, bestaan daar egter baie min ooreenstemming oor wát dit werklik is, oor wátter verhouding die konsep met die liggaam het en wát as bewyslas vir die bestaan daarvan kan geld. Niemand het nog die bestaan van die siel konkreet en klinkklaar bewys nie. Dit is altoos onmoontlik om jou hand uit te steek en te sê: kyk hierso, só lyk die siel

Die siel is ‘n teken van God, ‘n hemelse juweel, ‘n realiteit wat die meeste geleerde mense nie kan begryp nie, ‘n misterie wat geen verstand, al is dit hóé akkuut, kan ontrafel nie. Of so bevestig die Bahá’í geloof. “Dwelling on all things,” verkondig die Hindu Upanishads, “yet other than all things, whom all things do not know, whose body all things are …”. Iets totaal misterieus in sy essensie, onaantasbaar, onpeilbaar – so is die dinge waarmee ons oor die aard van God of die gode handel (of nie) en wat ons toelaat om vir ewig te lewe (of nie.)

The Soul/Self [atman] is not this, it is not that. It is unseizable, for it cannot be seized; it is indestructable, for it cannot be destroyed; unattached, for it does not attach itself; it is unbound, it does not tremble, it is not injured – Brihadaranyaka Upanishad.

Desnieteenstaande die verskillende, verwarrende teorië wat mense in hierdie verband aanbied, bestaan daar tóg wel gemenebes. Deur die siel te defineer in term van wat dit níé is nie, m.a.w. die teenoorgestelde van die liggaam, wat materieël is, is die siel dus die onmaterieële essensie van die menslike wese. Dit is dié kritieke aspek wat die liggaam animeer en beheer, die persoonlikheid vorm en toesien dat laasgenoemde kontinuiteit behou. Die siel is die bewustelike deel van die persoon, die sètel van die menslike wil, rasionaliteit en intellek, en daarom dan ook ‘n voortsetting van die verstand en self. In baie godsdienstige tradisies is die siel instaat om voort te leef by die afsterwe van die liggaam, en is as uitbreiding hiervan, onsterflik en onderhewig aan goddelike straf en beloning.

Hierdie idee dat die liggaam en die siel twee verskillende entiteite is, skep ‘n breë gaping tussen die twee konsepte, wat ons kan herlei tot by die Grieke, en veral Plato. Hy het aanhoudend geargumenteer dat die siel onsterflik is en daarom deur ‘n hele ander dimensie beheer word. Dié skets van ‘n goddelike geïnspireerde siel, ingekerker in ‘n minderwaardige en aardsgebonde liggaam, het baie Christen teoloë diep beïndruk. St Augustinus, byvoorbeeld, het die siel as ‘n spesiale substansie beskou, met rede toegeken, om oor die liggaam te heers.

René Descartes het in die 17de eeu die idee dat die siel en liggaam twee afsonderlike entiteite is, verder uitgebrei. So onstaan die konsep “substance dualism” – deur die verstand en siel as sinonieme te hanteer, defineer Descartes verstand as ‘n mentale substansie, ‘n onmaterieële ding, waarvan sy essensiele aard “dink” is. Alles anders is materie, waarvan die gedefinieerde eienskap “ruimte” is. Die idee van ‘n onmaterieële siel wat binne-in ‘n materieële liggaam lewe en die toutjies trek, is later deur Gilbert Ryle in sy book The Concept of Mind (1949) as die “Ghost in the Machine” uitgebeeld. Die film The Matrix is ‘n parodie hierop.

The Matrix

The Matrix

If we are guided my me, we shall believe that the soul is immortal and capable of enduring all extremes of good and evil, and so we shall hold ever to the upward way and pursue righteousness with the wisdom always and ever – Plato, The Republic.

My probleem met Descartes se idee (en dan ook die ou meester Plato s’n), stem uit die feit dat sou mens die liggaam en siel só verskillend in wese sien, die gaping tussen die twee onoorbrugbaar is.  Die teorie veronderstel (soos mens sou verwag) dat liggaam en siel ‘n interaksie met mekaar het – die spook wat die toutjies trek – maar as die twee so verskillend is, hoe kan so ‘n interaksie in die eerste plek ontstaan? Hoe kan verstandelike verskynsels enigsins ‘n invloed uitoefen op die fisiese toestand en gebeure in die liggaam, of in ‘n kousale verhouding met die liggaam staan?

Aristoteles het die gevare van Plato se streng onderskeid tussen liggaam en siel erken. Hy het aangevoer dat die siel die essensie is van wat dit beteken om mens te wees en dat dit geen sin maak om dit van die liggaam te onderskei nie. “We must no more ask whether the soul and the body are one than ask whether the wax and the figure impressed on it are one.” Descartes is ook bewus van hierdie probleem, en gee uiteindelik toe dat God se direkte toetrede verlang word ten einde die kousale verhouding tussen liggaam en siel effektief te verklaar.

Dit is daarom vir baie mense doodgewoon makliker om hierdie tweeledigheid te ontken. Daar is immers net een soort materie in die wêreld. Die subjek van die wetenskap is uitsluitlik fisies, en daarom moet die verstand ook in wetenskaplike terme verduidelik word. In hierdie prentjie is daar min ruimte vir siele.

Die wetenskap van die siel

Die wetenskap van die siel

Dalk is dit werklik “a mystery no mind can hope to unravel.”

Vooraf: (1 van y) – (2 van y) – (3 van y) – (4 van y) – (5 van y) – (6 van y) – (7 van y)

Peep on Gatorpeeps 

Filed Under: Religion

Tags: DescartesliggaamPlatosiel

About the Author: A person, a fallible human, writing about meaningful coincidences of outer and inner events that are not themselves casually connected - events in the material world which seemed to cluster together without any apparent reason or even logical connection.

RSSComments (6)

Leave a Reply | Trackback URL

  1. Joh says:

    Beginsels en verbandskappe, eerder as entiteite en beskrywings?

  2. [...] Emil, Johan, Dellie, Zee, Mnr Kroese, Flatwhite se ouens Posted in Sommernet | Print [...]

  3. demoerin says:

    Die snaakste is ja, almal stem saam elke mense (ten minste) het ‘n siel… ek dink die siel is een van daardie dinge soos die brein wat mens nie eers moet probeer verstaan nie, want weereens soos met die meeste dinge is dit hier waar die saamstem ophou.

  4. Ek hou baie van die inskrywing Emil. Nogal interessant hoe verskillende gelowe wel ooreenskomste het.

    Ek wonder baie hoe lank dit jou neem om al hierdie goed uit te redeneer. :mrgreen:

  5. Vlam says:

    Skuus…

    Kom pik ‘n traantjie. Kom wip ‘n woordjie. Kom se koebaai.

    http://delliesedinge.wordpress.com/2009/11/18/dont-cry-because-its-over/

  6. Today News says:

    Very nice information….

    —————————–
    ON 2010 : http://2daynewsupdates.blogspot.com/2009/11/2012-end-of-world.html

Leave a Reply

If you want a picture to show with your comment, go get a Gravatar.

52